a2b1 (Anna) Maria Pieterse van Dyk


Aldus J. H. van Dyk se Geslagsregisters van die broers Joost en Burgert van Dyk:

In 1691 het Jan Pietersz. van Dyk met sy twee jong seuns, Joost en Burgert en 'n dogterjie, Anna, uit Ysenberg (Izenberge) in Vlaandere hier aangekom.(p1)

Hierdie bewering blyk egter byna geheel en al foutief. Joost en Burgert het reeds in 1686 as soldate van die V.O.C. met die Huis te Zilverstein na die Kaap gekom. Van hul vermeende vader, Jan Pietersz., word nêrens melding gemaak in enige van die beskikbare dokumente nie - ek kon geen monsterrol, testament, boedelinventaris, resolusie, ens. vind met sy naam in nie. Vermoedelik het verwarring ontstaan met Jan Jacobsz. van Dijk, wat geen verwantskap gehad het met die twee broers nie.

So ook, is daar 'n aantal vrae rondom die 11-jarige Anna.

Daar is op die gegewe doopdatum vir Anna (p.285), 1680.03.29, geen meisie met die naam Anna, Maria of iets soortgelyks in Izenberge, Wes-Vlaandere, gedoop nie. In feite is hierdie doopdatum nié die van Anna Maria van Dijk nie, maar van Anna Jans/Cornelisz.(1) wat in 1700 met Jan Jacobse van Dijk getroud was(2). Weereens is hier verwarring, aangesien daar in 'n enkele geval na Jan Jacobse se vrou verwys word as "Anna van Dijk".(3)

Die Maria Pieterse van Dijk wat op 18 Februarie 1714 met Johannes Bastiaanse (die seun van stamvader Frans Bastiaans) getroud is, was op die dag egter 'n "jongedogter" (10) en geen weduwee nie - veral nie aangesien Barentse Sieker (Anna Jans se tweede man) teen hierdie tyd nog springlewendig was nie.

Dus is daar 'n duidelike onderskeid tussen die lewenslope van Maria Pieterse en Anna Jansz. Maar was Maria Pieterse Burgert en Joost se suster? Ek glo dat die broers alleen na die Kaap gereis het en, indien hulle enige susters gehad het, geen van hulle ooit hul broers na die Kaap gevolg het nie.

Die beskikbare dokumente laat wel blyk dat Maria Pieterse van Dijk 'n kandidaat is vir Burgert Pieterse se buite-egtelike kind met Maria Matthysz. Eli.

Maria Matthysz. Eli was vir 'n tydperk in die eerste helfte van die 1690's werksaam as skoonmaakster of iets dergeliks by Burgert Pieterse van Dijk.(4)  Sy was die vrou van Johannes Ryckman, maar het in 1694 'n buite-egtelike kind gehad, wat gedoop is as Maria(5) en in een ander geval genoteer is as Maria Eal.(8) Vergelyk dit met 'n onbekende MOOC-dokument van 1714, waarin daar na Jan Bastiaanse se vrou, Maria Pieterse van Dijk, verwys word as "Maria Eli".(6)

Dat Maria Pieterse van Dijk en Maria Eli dieselfde persoon was, is ook deur J. Hoge aangeneem. In sy Bydraes tot die Genealogie van Ou Afrikaanse Families (1958, p.15) noem hy dat Maria Matthys Eli familie was van Burgert Pietersz., maar noem haar Burgert se "nig". Hy haal egter geen bron aan vir die bewering van hierdie verwantskap nie, maar vermoed ook dat Maria Matthys Eli se dogter, Maria Eli,  "waarskynlik die van Van Dyk aangeneem het omdat sy familie van Burgert Pietersz van Dyk was".

Hier volg 'n beknopte lewensloop van Maria Pietse en Anna Jansz., gebaseer op gevonde rekords. Let op die gegewe naam in elke rekord.




(Anna) Maria Pietersz van Dijk
Anna Jansz./Cornelisz. (van Dijk)
1680

Gebore
Anna
dogter van Jan Cornelis Bombam en Catarina Harmens
te Kaapstad
gedoop 1680.03.29 (1)
1694
Gebore
Maria
kind van Maria Matthijsse
te Kaapstad
gedoop 1694.09.05 (5)

1700

Getroud 1
met Jan Jacobsz van Dijk (2)
1702

Monsterrol
as Annetje Jansz, weduwee van Jan Jacobsz van Dijck (6b)
1706

Getroud 2
Anna van Dijk
met Barentse Sieker
te Stellenbosch
op 1706.11.07(3)
1708

Doopgetuie
Anna Cornelis saam met haar man,
Jan Barentsz Siechard
te Stellenbosch
op 1708.29.04 (7)
1712
Doopgetuie
Maria Eal
by die doop van Daniel Strydom
te Stellenbosch
op 1712.05.29 (8)

1713

Monsterrol
as Jan Barentse & Anna Janse (9)
1714
Getroud
Maria Pieterse van Dijk (jongedogter)
met Johannes Bastiaanse
op 1714.02.18
te Stellenbosch
(10)

1714
Verwysing na Jan Bastiaanse se vrou as
Maria Eli.(6)

1716
Geboorte van kind van
Anna Maria Pieterse van Dijk en
Johannis Bastiaanse
-
Francois Bastiaanse
te Drakenstein
gedoop 1716.02.16 (11)

1718

Geboorte van kind van
Maria Pieterse en
Johannis Bastiaanse
-
Johannis
te Drakenstein
gedoop 1718.04.17 (12)


1721
Testament opgestel van
Maria van Dijk en
Jan Bastiaansz (13)


1723
Oorlede, aldus 'n notisie #5 van C73, pp86-88, wat die volgende verwysing aanhaal: M.O.O.C. 7/3, Testamenten, 17211725, no. 64

1726

Doopgetuie
Anna Jans, saam met haar man
Jan Barentzen Sigger
te Stellenbosch
op 1726.11.24 (14)
1733

Monsterrol
as Jan Barends Sigger en Anna Cornelisz (15)
c1741

Getroud 3
Hierdie huwelik word aanvaar gebaseer op 'n gesamentlike testament wat op 1742.01.14 geskep is deur
Anna Cornelisz van oud Beyerland en
Bernardus van Biljon (16)
1742

Gesterf
ongeveer November 1742 (16)

  Verder nog: die enigste keer waarna Maria as Anna Maria verwys word, is op die doop van haar seun Francois, op 1718.04.17. As mens egter in aanmerking neem dat die enigste getuie haar skoonmoeder was, met die naam Anna Maria Pieterse de Leeuw, kan mens sien hoe die pastoor maklik verward kon raak toe hy die name genoteer het.(11) In geen ander rekords word daar na haar as "Anna" verwys nie, maar slegs "Maria".

Daar was dus eintlik nooit 'n Anna van Dijk wat familie was van Joost en Burgert nie, maar slegs 'n Maria. En dit wil lyk asof sy geen suster was nie, maar Burgert se buite-egtelike dogter, wat voor haar troue toestemming van haar pa gekry het om sy van te dra.

Bronne:
1) Kaapstad-dooprekords, 1680: 29 dito (Mart) /Anna /Jan Cornelis Bombam en Catarina Harmens . Verkry van die getranskribeerde rekord te www.eggsa.org/sarecords http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-ngk-1665-to-1695/66-cape-town-baptisms-1680>

(2) Alhoewel geen trourekord vir die twee gevind is nie, kom hulle gesamentlik voor in die monsterrolle en stel hulle in 1699 gesamentlik 'n testament op (1/STB 18/1 - 3), soos genoteer op die webwerf van die First Fifty Years Project. http://www.e-family.co.za/ffy/g7/p7310.htm .

(3) Stellenbosche trouregister 1705-1707 (kopie van oorspronklike dokument). 1706. 7e Nov. Jan Barentse Sieker, met Anna Van dijk.  http://eggsa.org/transcriptions/stellenbosch/g7-1/G2-7-1-03.jpg

(4) MOOC 8/1.31.  "Inventaris der goederen nagelaten bij Maria Matthysz Eli, eertijds huijsvrouw van Johannes Rigman geweesen baasthuijnier soo als deselve door Burchert Pietersz vrijhoutkapper (wiens meijt sij is geweest:) aan de Weeskamer sijn overgelevert, bestaande in als volgd namentlijk…"

(5) Kaapse doopregisters 1694: dito (5 September) een kind van Maria Mathijsse, genaemt
Maria, getuijgen Jesaias Machielse en Catharina Smith.  Verkry van die getranskribeerde rekords te:
http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-ngk-1665-to-1695/64-cape-town-baptisms-1694

(6) Aldus J. Hoge in Bydraes tot die Genealogie van Ou Afrikaanse Families (1958) word daar in "MOOC15/1, anno 1714" na Johannes Bastiaansz se vrou as "Maria Eli" verwys. Daar is egter nie 'n MOOC-dokument met hierdie nommer nie, dus het hy waarskynlik sy bron verkeerd genoteer.

(6b) Kaapse Monsterrol 1702. Verkry uit die getranskribeerde rekord te:
 http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/muster-rolls/cape-archives-vc-copies/20-cape-muster-roll-of-1702

(7) Johanna Elisabeth, Gedoop: 29 Apr 1708, Vader: Robbert Janse, Moeder: Katrina Cornelis, Getuies: Barentsz Siechard, Anna Cornelis. Bron: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Stellenbosch, Doopregister, 1688-1732, p. 50 (41).  NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G2 4/1. Getranskribeer deur Ockert Malan, Lorna Newcomb e.a.


(8) Stellebosche doopregister 1712, lae-resolusie kopie van oorspronklike dokument beskikbaar op http://www.e-family.co.za/ffy/e1169.htm. 1712: Daniel, de vader Matthys Strydum, d'Moeder Elisabet Nortie, getu: Joost Strydum, met Maria Eal. 29 Meij 1712.

(9) Kaapse Monsterrol 1713. Verkry uit die transkripsie te: http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/muster-rolls/cape-archives-vc-copies/22-cape-muster-roll-of-1713


(10) 1714: 18 ditto [Feb] Johannes Bastiaanse van Cabo Jong= met Maria Pieterse van Dijk, jongedogter. Uit 'n kopie van die oorspronklike dokument beskikbaar op Familysearch: https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-266-12344-97553-91?cc=1478678&wc=MMLQ-WR7:1755625553


(11) Anno 1716: Den 16de Ditto [Febr:] Francois, soon van van johannis Bastiaanse en Anna Maria Pieterse van Dijk. Getuijgen Anna Maria Pieterse De Leeuw. Verkry uit 'n digitale kopie van die oorspronklike dokument op die webwerf van die First Fifty Years Project: http://www.e-family.co.za/ffy/e2041.htm

(12) Anna 1718: Den 17 April. Johannis, soon van Johannis Bastiaanse en Maria Pieterse. Getuijgen De Vader en Francina Bastiaanse. Verkry uit 'n digitale kopie van die oorspronklike dokument op die webwerf van die First Fifty Years Project: http://www.e-family.co.za/ffy/g10/p10857.htm

(13) Dokumente soos beskikbaar op NAAIRS:
1/STB-18/5 -12 Bastiaansz, Jan. en van Dijk, Maria. Testament (1721)
MOOC-7/1/3 -64 Van Dijk, Maria. Wife of Jan Bastiaansz. Will. (1721)

(14)Kopie van oorspronklike dokument verkry op die webwerf van die First Fifty Years Project: http://www.e-family.co.za/ffy/e1608.htm
Den 24 November 1726 / K: Johannes / V: Hendrik Klopper / M: Katharina Bota / G: Jan Barentzen Sigger / Anna Jans.

(15)Jan Barends Sigger - Anna Cornelisz. Monsterrol 1733. Transkripsie beskikbaar by http://www.eggsa.org/documents/main.php?g2_itemId=33198

(16) MOOC 7/1/6 100, soos vermeld op  http://www.ballfamilyrecords.co.uk/biljon/I141.html>

No comments:

Post a Comment